Friday, December 5, 2008

Wild Santa en die Universe is goed vir my/ons ....





Foto van my Santa, die bak langsaan moet nog vol balle kom! Môre ...

Hierdie Santa (Kersvader) is eerste uitgepak. Dis my gunsteling Kersvader en ek noem hom:
"Wild Santa because he was born to be wild". As julle die video kyk en mooi na die liedjie luister sal julle verstaan hoekom.

Ek het mos vir julle gesê ek het so wilde streep in my. :lol:
Maar die kinders wat by ons aan huis kom, geniet hierdie Kersvader baie!






Ek het nou bietjie tyd om te speel,
dit is hoekom julle nou met video's bederf word.



video

Pause the music player to listen to the video!

Ons het vandag 'n baie groot kersgeskenk gekry. 'n Lekker kontrak vir Januarie!
Ek glo dis omdat ek vandag gegee het.

Met my hele hart glo ek nog altyd as jy gee, gaan jy dubbel soveel terug ontvang.
Dit werk nog altyd so by ons, ek verstaan dit nie, maar hierdie is nou net weereens die bewys.
Baie dankie aan die Skepper van die "beautiful" heelal wat so goed is vir ons!



Vir Zee!

4 comments:

  1. Whahaha!!! "I like your bike"!! Dis te oulik!!

    Ek's bly vir julle vir die kontrak. Dit IS hoe dit werk Muriel! Ek glo ook daaraan!

    Lekker decorate vandag!! Ek gaan ook vandag met my kersversierings begin.

    ReplyDelete
  2. Amen, 'n mens kry altyd 10 keer meer terug as wat jy gee.... 'n oop hand kan ontvang, as hy toe is kan hy mos nie vat nie! Vriendin... mag julle geseënd wees, ek dink dis nou julle beurt1

    ReplyDelete
  3. Dankie Riaan! :)

    Hi Thea ek kom nou eers weer by my kommentaar uit. Dis nag ons sukkel so met ons adsl! Wanneer gaan jy jou kersversierings wys?

    Hi Piksie Dankie, ek voel nogal geseënd. Die vibe hierdie tyd van die jaar maak my in elk geval altyd gelukkig!!!

    ReplyDelete