
Hier is ek besig om geskenke toe te draai! Sien julle die sjokelade langs die "sellotape"
Kersmoeder moet darem ook iets kry vir die harde werk! whahaha
Kersmoeder moet darem ook iets kry vir die harde werk! whahaha
Hoekom gee ons kers geskenke?
Dit is om ons te herinner aan die geskenke wat Jesus by die 3 wyse manne ontvang het. Goud, wierrook en mirre. Jesus was natuurlik die groot geskenk wat ons gekry het.
Sommige mense gaan te groot oor kersfees, ek is self skuldig hieraan, maar probeer my bes om op te maak daarvoor op ander maniere, dus probeer ek elke jaar om my deel te doen vir minderbevoorregtes. Want daar is so baie kinders wat nie kers ete's of kersgeskenke ontvang nie.
Ons los kerslysies onder die kersboom vir Santa, ek het ook my kinders so geleer van kleins af. Hulle het ook verstaan dat Kersvader nie noodwendig al die geskenke op die lysie gaan aflewer nie.
Mens kry ouers, ouma's en oupa's wat alles op daardie wens-lysie koop. Stop, jy mag dalk net "spoiled brats" grootmaak! Ek het al kinders gesien wat nie tevrede is met hulle kersgeskenke nie, en gooi dan tantrums. Dink net hoe sleg voel die persoon wat die geskenk gegee het.
Kersfees is stresvol genoeg, daarom dat ek lysies by die ouers van die kinders in ons familie vra! Ek gaan nie my geld mors en die kind is nie tevrede nie en/of hy kry 2 van dieselfde geskenk!
Dan kry jy mense wat sê: kom ons koop bv so R300 se geskenk vir elke mens. Kom kersfees kry jy 'n suigstokkie van hierdie mense. Daarom hou ek nie daarvan dat mense 'n prys op 'n geskenk moet sit nie. Dit veroorsaak net onnodige probleme.
Geskenke moet in die regte gees gegee en ontvang word ander los jy dit!!!!
Ek is nog besig om kersgeskenke te koop! Ek kry ook nie eindelik klaar nie, weet nie hoekom sukkel ek so die jaar nie....
Ek het die geskenke ook nog net toegedraai daar is nog geen linte en versierings op die presente aangebring nie.
Ek het die geskenke ook nog net toegedraai daar is nog geen linte en versierings op die presente aangebring nie.
Hier is nog baie werk.... miskien moet ek Santa se hulp inroep 

very cool post... when i could afford it i went overboard with my knucklehead too, but you're so right, they just get spoilt.
ReplyDeleteHi Angel, I love to spoil the men in my life over Christmas time! Nothing wrong with that!! he he
ReplyDelete